Toe ek laasjaar in September ernstig begin werk soek en profiele op die webwerwe van aanlyn werwingsagentskappe begin registreer het, het onder andere Carina en Anika Schoeman van @Netwerk24 @JobPortal_PNet aanbeveel. Dus breek @JobPortal_PNet elke oggend sedertdien my moed met
honderde werkadvertensies waarin ek gewoonlik 1 v/d vaardighede het. Al wat ek in al die baie maande uit @JobPortal_PNet gekry het, is die Zoom-onderhoud op 29 Januarie met die paneel van @TheCitizen_News. Toe ghost die paneel my mos daarná en herstruktureer hulle hele redaksie
eerder as om enigiemand aan te stel in die pos waarvoor hulle met my die Zoom-onderhoud gehad het. 'n Paar weke ná September laasjaar het @Tamara0h, dieselfde joernalis wat my vandeesweek in kontak geplaas het met @NadiaRossouw_PR, die PR wat my in Mei dalk proefleeswerk op
vryskutgrondslag kan gee, my die details gegee van @Viv Gordon Placements. @Aneshree6 het my die name gegee van @AdTalentRecruit en @cardilogix. Dié agentskappe spesialiseer almal in poste in media en bemarking en adverteer dikwels poste as proeflesers. Nou het @AdTalentRecruit
(ek het 'n profiel by hulle opgestel gehad waarmee ek vergeefs vir 4/5 poste as proefleser aansoek gedoen het) 'n nuwe diensverskaffer, #dittohire. Ek sukkel nou al weke om my profiel daar te registreer want nie al @AdTalentRecruit se profiele het outomaties oorgetrek of
gemigreer nie. Ek was gisteraand skoon tranerig van pure moedeloosheid dat ek ooit my vierde voltydse betaalde werk gaan kry al is daar die vooruitsig om in Mei proefleeswerk op vryskutgrondslag te kry. Ek kom toe op dié heilige Sondag af op my profiel by #dittohire, maar ek is
te dom om die regte knoppies te druk om met die profiel aansoek te doen vir die pos as proefleser waarvoor ek die advertensie gesien het of ek bly iets iewers verkeerd doen. Toe kopieer-en-plak ek my profiel se adres op die web en dié van die advertensie in 'n e-pos wat ek vir
Jacqui Loudon by @AdTalentRecruit gestuur het en skryf vir haar presies dít ("hier is my #dittohire-profiel en hier is die advertensie vir die pos as proefleser waarvoor ek wil aansoek doen maar ek weet nie hoe nie of ek hou aan om iets verkeerd te doen. Help asseblief!")