My Pa het ons laat water drink saam met ons kos vir aandete voor ons kon koeldrank kon kry (as daar koeldrank was). Êrens op 'n kol los ek die water met kos saak, maar die watergewoonte bly. Twee liter per dag. Ek begin sommer te hoes as ek nie genoeg water gedrink het nie.
En baie ander dinge verander fisiologies wanneer ek nie my kwota water drink nie.

Dis interessant.
Lewensgewend.
Ek wonder of mense dit weet.
Hoe belangrik dit is.
Om genoeg water te drink.
Hoe 'n voorreg dit is.
Om toegang te hê.
Tot lopende water.
Kan ons dit drink asb? Genoeg daarvan. Om ons gesond te hou.
En dit waardeer. En dankbaar wees. Weet wat ons het.
Asseblief.
Water was nie die week vir my lekker nie. Maar toe voeg ek 'n paar stukkies komkommer by. Verfrissend. Sommer anders. En kyk net hoe vinnig drink ek daai 2,5 liter water elke dag! Hoekom 2,5l? Ek ganie sê nie want dan gaan my gewig weggegee word.
Laat ek eerder stilby oor die saak ... tyd om afskeid te neem van grendelkilogramme. Afskudding. Volgende week is dit seker suurlemoenwater.

Geniet jou dag! Drink water. Beleef!
You can follow @karisMatiek.
Tip: mention @twtextapp on a Twitter thread with the keyword “unroll” to get a link to it.

Latest Threads Unrolled: